-
-
Twee Nuwe Skitterprinsesse Kinderboeke

Prinses Magrietjie en die skitterprinsesse en Prinses Lelie en die SkitterprinsesseTyd vir al die pragtige prinsesse om nader te skuif en eel te neem aan allerhande heerlike aktiwiteite!
Kom saam met die vier skitterprinsesse – Magrietjie, Lelie, adelief en Rosie – terwyl hulle met woordspeletjies baljaar en lag-lag allerhande raaisels oplos.
Swaai jou towerstaf en kleur die prentjies in om koninklike balrokke en bykomstighede te ontwerp.
En die tatoes met blinkertjies sal enige meisie soos ’n regte skitterprinses laat voel!
Daar is vier pragtige prinsesboeke om te versamel!
Book details
- Prinses Magrietjie en die Skitterprinsesse by Human & Rousseau
Book homepage
EAN: 9780798152310
Find this book with BOOK Finder!
- Prinses Lelie en die Skitterprinsesse by Human & Rousseau
Book homepage
EAN: 9780798152327
Find this book with BOOK Finder!
- Prinses Magrietjie en die Skitterprinsesse by Human & Rousseau
-
Bouwer, die Doyenne van Afrikaanse Kinderliteratuur, Sterf ná Koma
Alba Bouwer (90), die doyenne van Afrikaanse jeugliteratuur, is oorlede. Bouwer het Dinsdagaand in die aftree-oord Helderberg Village in Somerset-Wes in ’n koma verval en gesterf.Haar debuut, Stories van Rivierplaas (1955) en sy opvolg, Nuwe stories van Rivierplaas (1956) verskyn aan die vooraand van die sestigerjare. Stories van Rivierplaas het as reeks in Sarie verskyn en is nie in die eerste instansie vir kinders bedoel nie. Stories van Ruyswyck (1963) is ‘n opvolg van die Rivierplaas-stories. Alie het intussen grootgeword en is bykans dertien jaar oud as die storie begin. In Stories van Bergplaas (1963) staan die tienjarige tweeling, Bramie en Grietjie, in die sentrum op die Bolandse plaas, Sadewee.
Die eerste M.E.R.-prys vir kinder- en jeugliteratuur word in 1984 vir Vlieg, swaeltjie, vlieg ver toegeken. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns stel in 1987 die Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur in wat driejaarliks toegeken word.
Sy het die Scheepersprys vir jeugliteratuur twee keer met dié boeke gewen en het die C.P. Hoogenhoutprys vir die beste kinderboek drie keer ontvang in 1961, 1971 and 1983.
Book details
- Rivierplaas: ‘n Alba Bouwer-omnibus by Alba Bouwer
Book homepage
EAN: 9780624045311
Find this book with BOOK Finder!
- Rivierplaas: ‘n Alba Bouwer-omnibus by Alba Bouwer
-
Maak Leestyd Lekke Met NB Jongklomp!
Hoe maak jy jou kind lus en lief vir lees? Hier is ‘n paar wenke:Lees daagliks vir jou kind ‘n storie
Navorsing bewys dat hoe meer ‘n kind kan luister na iemand wat vlot hardop lees, hoe beter. Dit verbreed hul kennis van die wêreld, brei hul woordeskat uit, maak hulle vertroud met geskrewe taal (‘boektaal’) en kweek van kleins af ‘n belangstelling in boeke.
Begin deur elke dag vir jou kind te lees, selfs vandat hy of sy nog ‘n baba is. 20-30 minute voor slaaptyd is ideaal – julle kan dan sommer ‘n bietjie kwaliteit tyd saam spandeer as ‘n familie.
Hou daarmee aan, selfs al is jou kinders al op skool. Wanneer hulle leer hoe om self te lees, lees steeds vir hulle voor, maar moedig hulle ook aan om op hulle beurt vir jou voor te lees. Help hulle om moeilike woorde uit te klank en laat hulle dieselfde sin ‘n paar keer hardop lees, totdat hulle dit baasraak.Onthou: Stres en kommer kan ‘n kind se vermoë om te leer benadeel, so maak seker leestyd is pret. Kinders wat op skool sukkel, baat baie by leessessies saam met volwassenes tuis, waar die omgewing vriendelik en ondersteunend is.
Maak leestyd pret
Maak seker leestyd is lekker. Maak die karakters se stemme na wanneer jy die storie voorlees. Boots die geluide na of moedig jou kind aan om dit saam met jou te doen. Wys na die prentjies op die bladsy en vra vrae daaroor (al is dit hoe eenvoudig), om jou kind aan te moedig om deel te neem en betrokke te raak. Vra jou kind wat hy of sy dink volgende gaan gebeur, voordat jy na die volgende bladsy blaai.
Jonger kinders sal interaktiewe boeke geniet – boeke met klankknoppies, voel-en-vat bladsye, skoonvee-bladsye met penne en magnete, of enige soort speelding. So leer kinders dat boeke ook vermaaklik kan wees.
Wanneer kinders self leer lees en skryf, sal hulle ook aktiwiteitboeke geniet. Kies aktiwiteitboeke wat beide prettig en opvoedkundig is, met speletjies en aktiwiteite wat kinders sal geniet om te voltooi, maar hulle terselfdertyd ook iets leer en help om sekere vaardighede te oefen. Doen die aktiwiteite saam met jou kind. -
Drie Nuwe LAPA Kinderboeke
Ek en Bella by Jenny ValentineNina het ’n kleinsussie. Haar naam is Tia. Maar op ’n dag besluit Tia dat sy moeg is vir haar naam – van nou af moet almal haar Bella noem. Met Bella in die omtrek is daar nie ’n vervelige oomblik in sig nie – selfs doodgewone dinge soos ’n ou tas en ’n nuwe kinderoppasser word ’n wilde, lawwe avontuur. Beleef saam met Nina die pret en opwinding van ’n nuuskierige, aweregse en skreeusnaakse kleinsussie!
Karla Krullebol by Theresa van BaalenKarla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks – ’n vreemde, klein pienk mannetjie besluit Karla se vuil, deurmekaar hare is die perfekte plek om ’n heerlike partytjie te hou … ’n Lekker lawwe, uitbundige rymverhaal wat kleuters se tone sal laat omkrul van lekkerkry!
Liefde is … deur Nerine Ahlers, Alet SteenkampMoet ’n meisie op 17 ’n ou hê? Dit is die vraag waaroor Karli moet kopkrap vir die komende debatkompetisie. Maar in werklikheid is die debat op die oomblik die minste van haar bekommernisse. Daar is soveel ander vrae waarmee sy worstel … Wat op aarde gaan tussen haar ma en pa aan? Hoekom is haar pa weg, sommerso sonder om te verduidelik wat aangaan? Waarom is sy en haar ma deesdae soos twee vreemdelinge vir mekaar? En dan is die Valentynsbal ook nog om die draai. Moet sy maar saam met Juan gaan, al irriteer hy haar meeste van die tyd? Of moet sy ’n kans waag met Stefan, die aantreklike donkerkop met die bruin oë, wat probeer om haar seerkry met pers blommetjies minder te maak?
Book details
- Ek en Bella by Jenny Valentine
EAN: 9780799346787
Find this book with BOOK Finder!
- Karla Krullebol by Theresa van Baalen
EAN: 9780799346770
Find this book with BOOK Finder!
- Liefde is … by Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
EAN: 9780799346961
Find this book with BOOK Finder!
- Ek en Bella by Jenny Valentine
-
Sarie se Boeke vir Kleintjies
n Boetie vir Natasha en Tatta, doeke! deur Martie Kruger Die twee boekies kom uit die Mylpaal-reeks en is spesiaal ontwerp om kinders met belangrike mylpale in hul lewe te help. In die eerste word die nuus van ‘n nuwe bababoetie wat sy opwagting in die gesin gaan maak op ‘n eenvoudige en verstaanbare manier aan die eersgeborene verduidelik. Die tweede boekie is daarop gemik om baba te leer om tot siens te sê aan doeke en die peuterwêreld van broekies te betree. Elkeen van die boekies bevat nuttige wenke vir die ouers, sodat hulle die kleintjies op ‘n prettige manier kan leer.
Otto se pretjaar deur Eric Hill
Wat ‘n bonus, twee stories oor Otto in een boekie! Otto gaan skool toe beskryf alles wat hy saam met sy maats doen. Hoe hy leer sing, spel en ‘n prentjie verf saam met sy maats. Alles wat by die skool gebeur, word saam met Otto ervaar. In die tweede boekie, Otto se vakansie, gaan almal see toe. Hier vertel hy van pret saam met sy maats, van sandkastele bou, bal speel, swem en visvang. Wat die boekies nog lekkerder maak, is dat daar flappies is om op te lig en onder te loer wat Otto sien!Book details
- Boetie vir Natasha by Martie Kruger
EAN: 9780799344431
Find this book with BOOK Finder!
- Tatta doeke! by Martie Kruger
EAN: 9780799344424
Find this book with BOOK Finder!
- Otto Se Pretjaar by Eric Hill
EAN: 9780798150606
Find this book with BOOK Finder!
- Boetie vir Natasha by Martie Kruger
-
Musiekspel Gebaseer Op Die Grafiese Roman deur Bloemhof
Agent Snoet en die Hondelewe is ‘n jeugproduksie/musiekblyspel wat by die hele gesin byval sal vind, maar veral op die tienermark gerig is. Hierdie opwindende nuwe produksie word by vanjaar se Volksblad Kunstefees bekend gestel. Die verhoogproduksie se teks is gegrond op die gewilde kinderboek van LAPA Uitgewers deur die bekende skrywer, Francois Bloemhof.Agent Snoet en die Hondelewe is ‘n verhoogproduksie en musiekspel vir die hele gesin. Dit is veral gemik op die jeugmark, Afrikaans eerste sowel as addisionele taal.
Agent Snoet is ‘n Afrikaanse “James Bond”-tipe musiekspel propvol aksie, pret en plesier. Daar is mooi meisies, dapper helde, ‘n Kung Fu kat, ‘n patetiese brak, ‘n dierehater en ‘n growwe vrouehater.
Die ATKV beoog om met hierdie produksie soveel moontlik jongmense regoor die land te bereik. Optredes sal nie beperk wees tot kunstefeeste alleen nie. Oor ‘n tydperk van sowat ‘n jaar gaan die produksie by groot venues regoor die land opgevoer word en gaan soveel moontlik leerders en gesinne die geleentheid gegun word om ‘n gehalte en genotvolle verhoogproduksie te kan geniet.
Book details
- Agent Snoet En Die Hondelewe by Francois Bloemhof
EAN: 9780799341539
Find this book with BOOK Finder!
- Agent Snoet En Die Hondelewe by Francois Bloemhof
-
Phyllis Green Kyk Na ‘n Paar Kinderboeke van Kleuters tot Tieners
Wikus het pret op die plaas deur Galia Lami Dozo, vertaal deur Jan Ivens ‘n Prettige leesboekie vir 3- tot 7-jariges. Wikus en Wim is op die plaas en leer van al die diere en masjiene. Die blaaie het flappies wat kan oopmaak en waaragter ‘n paar verrassings wegkruip.
Heleen en die heks met hoofpyn, deur Corlia Fourie met illustrasies deur Vian Oelofsen ‘n Lekker voorlees-boek oor hoe ‘n slim meisietjie ‘n nare heks getroef het. Naby Heleen se huis is ‘n bos waar ‘n lelike vrou met ‘n sak vol toorgoed bly. Sy haat kinders, want hulle maak haar kop seer. Heleen se pad kruis met die van die heks en sy haal haarself die ou vrou se gramskap op die hals. Dan beraam sy ‘n plan om van die heks se houvas op haar ontslae te raak.
Thomas@aksienet.net deur Carina Diedericks-Hugo Die sesde boek in die Thomas Steyn-jeugreeks is vol drama. Thomas kry ‘n rol in ‘n gewilde sepie, maar iemand op stel het hul mes in vir hom en hy moet lig loop. In die skool moet hy veg om sy plek in die rugbyspan te behou en boonop tree sy beste vriend vreemd op.
Book details
- Wikus het pret op die plaas by Jan Ivens, Galia Lami Dozo
Book homepage
EAN: 9780798149631
Find this book with BOOK Finder!
- Heleen en die heks met die hoofpyn by Corlia Fourie
EAN: 9781869191979
Find this book with BOOK Finder!
- Thomas@aksie.net by Carina Diedericks-Hugo
EAN: 9780799340921
Find this book with BOOK Finder!
- Wikus het pret op die plaas by Jan Ivens, Galia Lami Dozo
-
Sarie se 5 Boek-minute met Marinda Engelbrecht, Nataniël en Meer
Phyllis Green was gelukkig genoeg om die bekendstelling van die boek by te woon by die Tina Skukan Galery in Pretoria. Die oorspronklike illustrasies deur kunstenaar Rosalind Stockhall is uitgestal. Marinda Engelbrecht, wat die boek saamgestel het (met hulp van Francois Bloemhof), het gesels oor die projek en boonop het drie van die skrywers hul eie storie voorgelees. Sy het gesels met Marinda, Rosalind en Nataniël, Jak de Priester en John-Henry Opperman, wat almal deel was van die genotvolle kuier.Nataniël oor sy storie, ”Melina sing ‘n noot”.
Is dit jou eerste kinderverhaal?
Ek het lank terug ‘n hele reeks verhale geskryf vir ‘n boek. Ek wil dit vreeslik graag self illustreer, maar het nog nooit die tyd gekry nie.Het jy die verhaal met ‘n spesifieke kind in gedagte gehad?
Nee, maar ek het baie geleer by my peetkinders, ek weet waarvan hou hulle of waarmee behou jy hulle aandag. Dis baie meer kompleks om vir kinders te skryf as vir grootmense.Hoe het jy op die idee vir jou storie besluit?
Ek het eerste besluit op ‘n karakter wat visueel en emosioneel interessant sal wees. En dit moes ‘n vrouekarakter wees, want hulle trek meer opwindend aan!Book details
- Rondomtalie: Stories deur Afrikaanse kunstenaars edited by Marinda Engelbrecht, illustrated by Rosalind Stockhall
Book homepage
EAN: 978798151528
Find this book with BOOK Finder!
- Rondomtalie: Stories deur Afrikaanse kunstenaars edited by Marinda Engelbrecht, illustrated by Rosalind Stockhall
-
The Winners of the 2010 Maskew Miller Longman Literary Awards
Note! This is an update from my previous post, Maskew Miller Longman actaully has quiet a few winners this year since the awards were open to all eleven South Africa languages. There are winners in the Afrikaans, English, IsiXhosa, Sepedi and Xitsonga categories. Read press release from MML here:
Maskew Miller Longman Literature Awards 2010 winners
Maskew Miller Longman is delighted to announce the winners of its Literature Awards 2010 for Children’s Stories in all official languages. The finalists include both well-known authors such as Carina Diedericks-Hugo, Jelleke Wierenga, Conny Lubisi and Gail Smith, as well as new authors. This year’s competition also included an illustration category.
Maskew Miller Longman places great emphasis on developing new writers and promoting indigenous literature. The Maskew Miller Longman Literature Awards, now in its fourth year, is the only competition to call for entries in all official languages.
To assist new writers in creating stories they could enter in the competition, Maskew Miller Longman ran workshops in several provinces presented by prominent writer Rachelle Greef.
The quality of many of the past winners is shown by the fact that several of them have gone on to win other awards, for example the novel Katy of Sky Road was nominated as an Honour Book by the International Board on Books for Young People (IBBY) for 2009 and novels by Conny Lubisi and Mafori Charles Mphahlele won 2008 MNet Awards.
The judges of the Literature Awards 2010 included well-known writers and literary experts such as: Niki Daly, Sindiwe Magona, Marita van der Vyfer, Prof. M.J. Mojalefa and X.E. Mabaso.
In 2010, prizes were awarded in five of the eleven language categories and in the illustration category. The winner in each category receives a prize of R7 500, while the finalists receive R3 500. The winning stories were published by Maskew Miller Longman in July 2010.
Afrikaans
Winner: Kat in die pan vir die Fransman – Jelleke Wierenga
Finalist: Die Groenmambas en Shaka se spies – Carina Diedericks-Hugo
Finalist: ‘n Bosluis red die koningshuis – Jelleke Wierenga
English
Winner: Bongani’s Secret – Gail Smith
Finalist: Three Blind Dates – Pamela Newham
IsiXhosa
Winner: Unyanelizwe – Sivuyile Mazantsi
Sepedi
Winner: Kgetha Nna – Norman Mahlanya
Xitsonga
Winner: Lembe Lerintshwa – Conny Lubisi
Illustrations
Winner: Lizette Duvenage, Finalist: Dale Blankenaar
Ends
Bruno, ’n slimkop-boekwurm, sy beduiwelde rooikop-tweelingsuster, Bronnie, en hul maat, Ben, moet die misterieuse verdwyning van hul geliefde kat, Kattebol, oplos. Het die onderonsie tussen hulle ma en die sjef by die Volkskombuis dalk ’n rol gespeel in die hele drama? Hierdie is ’n opwindende avontuurverhaal wat behendige speurwerk vereis.
Bongani is a smart, funny, loveable young teenager, who is struggling to manage his tricky life. Someone in his class has discovered his terrible secret and Bongani must find him and silence him. This fast-paced, humorous story from established writer Gail Smith examines serious issues with wisdom and sensitivity. It will entertain and provoke even the most reluctant readers.
This fun and fantastical story will absorb young readers, making it easy for them to engage with the important moral and social values it addresses. Readers will relate strongly to this story, and will recognise many aspects of their own everyday and emotional lives. It will give rise to discussions of very current and crucial issues to do with human and social values, making this an excellent choice for young readers. Contains activities that can be done individually and groups.
All young readers will be fascinated from the very first page by this charming tale of hope, striving and celebration. Tsakani feels she missed out at last year’s New Year’s celebrations, so she starts preparing and saving. In the end she manages to celebrate her year end in a very special way, showing that money is far less important than our own happiness. Contains individual and group activities that can be used for assessment.
Book details
- Bongani’s Secret by Gail Smith
Ages 10 to 13
EAN: 9780636112056
Find this book with BOOK Finder!
- Kat in die Pan ir die Fransman by Jelleke Wierenga
Ages 10 to 13
EAN: 9780636112223
Find this book with BOOK Finder!
- Unyanelizwe by Sivuyile Mazantsi
Ages 10 to 13
EAN: 9780636112254
Find this book with BOOK Finder!
- Lembe Lerintshwa by Conny Lubisi
Ages 10 to 13
EAN: 9780636112278
Find this book with BOOK Finder!
- Bongani’s Secret by Gail Smith
-
Maskew Miller Longman Literary Award Finalists for 2010
For all the young readers out there, MML has just released some new titles and they are not just any titles but all of the following three title are finalists in the 2010 MML Literary Award. They are, Die Groenmambas en Shaka se Spies by Carina Diedericks-Hugo, ‘n Bosluis red die Koningshuis by Jelleke Wierenga and Three Blind Dates by Pamela Newham. Read more here.

Zuki, Alisha, Xavier en Inge is in Graad 7 en hulle was nog altyd goeie maats. Die vier beland gedurig in die middel van die een of ander avontuur. Dis dié dat hulle in Graad 3 besluit het om hulself die Groen Mambas te noem. Op ’n skooltoer na Durban beland die Mambas weer onverwags in die middel van ’n avontuur. Hulle gaan baie braaf moet wees om hierdie avontuur te oorleef!
Die koning word deur sy geliefde koningin verlaat omdat hy so outyds is. Vir 43 dae lank sit en treur die koning sonder om te was of te skeer of met ’n dooie siel te praat. En toe ontmoet hy vir Pluis die Bosluis. Kan ’n beskeie bosluis die koning help om weer die koningin se hart te wen?
Jamie and Alisha are best friends. For a school project, they have to make someone’s dream come true. But every time they think they have found the perfect man for Aunty Mel, things turn out most unexpectedly, as they embark on a hilarious, dramatic, adventure.
Book details
- Die Groenmambas en Shaka se Spies by Carina Diedericks Hugo, illustrated by Peter Woodbridge
Ages 10 to 13
EAN: 9780636112216
Find this book with BOOK Finder!
- ‘n Bosluis red die Koningshuis by Jelleke Wierenga
Ages 10 to 13
EAN: 9780636112018
Find this book with BOOK Finder!
- Three Blind Dates by Pamela Newham, illustrated by Astrid Castle
Ages 10 to 13
EAN: 9780636112063
Find this book with BOOK Finder!
- Die Groenmambas en Shaka se Spies by Carina Diedericks Hugo, illustrated by Peter Woodbridge
























