PUKU Logo

PUKU

Children's Literature in Southern Africa

Thomas@skaduwee.net

by Carina Diedericks-Hugo

Thomas@skaduwee.net

ISBN: 9780799366549

Publisher: LAPA

Editor:

Language: Afrikaans

Genre: Fiction

Age Range: 9-12 years

Country: South Africa

Description: Thomas se hele wêreld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister onderwêreld van smokkelary – en sy lewe is in gevaar.

Related Information

Thomas@skaduwee.net

Thomas@skaduwee.net is al die tiende titel in die Thomas@-reeks deur Carina Diedericks-Hugo. Die gewildheid van dié reeks is grootliks toe te skryf aan die realistiese, moderne milieu waarin die verhaal afspeel, die byderwetse taalgebruik en skryfstyl en natuurlik ook die ‘elektroniese’ formaat van die titel, wat alreeds van die rak af roep!

Diedericks-Hugo

View this post