PUKU Logo

PUKU

Children's Literature in Southern Africa

Supersagte Sponsboekies - Ek Kan Sien

Hierdie supersagte sponsboekies is geskep as ‘n prettige eerste leerboekie vir babas en peuters. Hierdie inleiding tot diere en die geluide wat hulle maak, bestaan uit supersagte sponsbladsye en bevat helder illustrasies en eenvoudige teks wat rym.

Die ouer moet voorlees sodat kreatiewe uitdrukking en sintuiglike stimulasie kan plaasvind. Wanneer die gepaste klanke van die verskillende diere deur die leser gemaak word, sal dit die kind se sintuie prikkel en ontwikkeling en die verbeelding maksimaal stimuleer.

Nog supersagte boekies in die reeks sluit in Ek Kan Ry, waar jou kind kennis maak met die klanke van verskillende voertuie; Ek Kan Speel waar jy weer speelgoed byderhand hou tydens die voorlees en die gepaste woorde en klanke gebruik; en Ek Kan Sê waar die klanke van verskillende voorwerpe wat bydehand gehou word bydrae tot die kind se sintuiglike ontwikkeling en maksimale stimulasie van jou baba of peuter se verbeelding.

CreatedAt
7/30/2017 4:36:14 PM
UpdatedAt
7/30/2017 4:36:14 PM

Back to List