PUKU Logo

PUKU

Children's Literature in Southern Africa

Vingerpaadjie - In die Tuin

Die Vingerpaadjie-reeks boekies - kleurvol, keurig en stewig in hardeband uitgegee deur Human & Rousseau - is die vertaalde weergawe van die oorspronklike Belgiese Suis le Chemin-reeks.

Die boekies is dra by tot goeie waarnemingsvaardighede en is ontwikkel om klein kinders fynmotoriese vaardighede aan te leer. Dit is ‘n uitstekende oefening vir klein dom vingertjies om te probeer om die klein ronde skyfie deur die gleufie na die regte plek op die prentjie te skuif.

In In die Tuin word ‘n slakkie, padda, blommetjie,‘n mollietjie wat sy mamma soek en ‘n eekhorinkie aan die klein lesertjie voorgestel met ‘n ietsie interessants wat deur die vingerpaadjie na die regte plek geskuif moet word.

Daar is ook 'n Op die Plaas-boekie waarin ‘n koei, 'n appelboom, trekker, varkie en ‘n hondjie in ‘n hok die klein lesertjie 'n kykie na plaasdinge gee. Ook hier word ietsie interessants wat deur die vingerpaadjie na die regte plek geskuif moet word.

Op die teenkantbladsye is daar kleurvolle illustrasies van tuinvoorwerpe met vragies daaroor onderaan die bladsy wat dinge nog interessanter maak – veral as mamma of ‘n ouer boetie of sussie saamspeel om 'n bietjie leiding te gee.

‘n Goeie aanwins vir enige kleinding se eie-eie boekrak!

CreatedAt
4/19/2017 1:46:56 PM
UpdatedAt
4/19/2017 1:46:56 PM

Back to List