-
Nuwe Boek Spookskip Kom Gou van Tafelberg Uit
Tafelberg to release new Afrikaans children’s story, Spookskip, next month. Written by Antoinette Diedericks, and illustrated by Astrid Castle, this Hout Bay tale is not to be missed!Tweelingbroers Christo en Andre ontdek ‘n glasbotteltjie in ‘n winkeltjie vol seevaartaandenkings in Houtbaai. Die eienaardige rooi gloed en die vreemde klomp syfers wat een nag uit die botteltjie stroom verander hulle ietwat vervelige vakansie by ouma en oupa eensklaps in ‘n opwindende avontuur! Die derde boek wat as vervolgverhaal in KleinB, Die Burger se kinderblad, verskyn en daarna deur Tafelberg uitgegee word. Die eerste was Fanie Viljoen se Kaptein Hamerkophaai en daarna het Harlekyn, deur Jaco Jacobs, gevolg. Skole het weekliks saamgelees en die klasaktiwiteite voltooi wat spesiaal vooraf deur ‘n span opvoeders uitgewerk is.
Book details
- Spookskip by Antoinette Diedericks, Astrid Castle
Book homepage
EAN: 9780624052845
Find this book with BOOK Finder!
- Spookskip by Antoinette Diedericks, Astrid Castle









