-
Nuut van Human en Rousseau
Tiemie, Lelie, en die tweeling Klits en Rits, Baba Rosa en natuurlik Worsie, is die Kleinste Klein Karnallies. Hulle is die kleinste klein mensies wat in die kleinste klein huisie onder in die tuin bly. Hulle ontdek allerhande wonderlike dinge en beleef heerlike avonture. Lees van die wollerige snorrige gas wat een aand onverwags kom kuier, en van die onderstebo monster wat Klits en Rits in die solder ontdek! Jy kan ook uitvind hoe Lelie uiteindelik haar vlerke gekry het. Stories vir slaaptyd en lekker saamlees, ideaal vir kleuters van 2 tot 4 jaar.
Hierdie boek, met pragtige illustrasies deur Atsuko Morozumi, bevat eenvooudige, maar interessante dierestories, perfek vir voorlees en saamlees voor slaaptyd. Sebra se huis val uitmekaar. Hy probeer ‘n nuwe een bou, maar iets loop elke keer verkeerd. Dan kry hy die perfekte oplossing…
Hierdie boek bevat vier oorspronklike stories, spesiaal geskryf vir baie jong kinders. Daar is ook vier prentestories, waar kinders hul eie stories kan opmaak. Dit bevat ook ‘n handige merker aan die kant van ekle bladsy, om jou te help om by jou gunstelingstorie uit te kom.
Book details
- Kleinste klein karnallies by Sarah Hayes, illustrated by Sarah Garson
Book homepage
EAN: 9780798152365
Find this book with BOOK Finder!
- Dierestories vir slaaptyd by Georgie Adams, illustrated by Atsuko Morozumi
Book homepage
EAN: 9780798152372
Find this book with BOOK Finder!
- Kleinste klein karnallies by Sarah Hayes, illustrated by Sarah Garson











