-
Van Baalen is Storiewerf se Skrywer van die Maand

Theresa van Baalen is die skrywer van prenteboeke in rym: Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, en skryf al stories vandat sy kan onthou. Aspris-krokkedis was die wenner van die ATKV-Kinderboektoekennings – Voorleeskategorie: 3 – 6 jaarEk het in Uitenhage grootgeword, waar ek in 1988 aan die Hoërskool Brandwag gematrikuleer het. Ná skool is ek vir ‘n wyle Stellenbosch toe, waar ek gedink het ek ingenieurswese wou studeer, maar ek het redelik gou van plan verander!
Ek skryf al stories vandat ek kan onthou. As kind was my stories definitief kinderlik en met kinders ingedagte, pynlik uitgekap op my ma se Olivetti-tikmasjien. My groot inspirasie in daai dae was Enid Blyton.
In my twintigerjare het ek probeer om my stories by my ouderdomsgroep aan te pas en ek het begin kortverhale skryf waarvan een darem deur die tydskrif Sarie aanvaar is vir publikasie. Dit was nog in die dae voor ek ‘n rekenaar gehad het, en Ma se Olivetti moes ook maar verbykom daarvoor.
Book details
- Karla Krullebol by Theresa van Baalen
EAN: 9780799346770
Find this book with BOOK Finder!
- Aspris-Krokkedis by Theresa Van Baalen
EAN: 9780799345049
Find this book with BOOK Finder!
- Karla Krullebol by Theresa van Baalen









