-
Bouwer, die Doyenne van Afrikaanse Kinderliteratuur, Sterf ná Koma
Alba Bouwer (90), die doyenne van Afrikaanse jeugliteratuur, is oorlede. Bouwer het Dinsdagaand in die aftree-oord Helderberg Village in Somerset-Wes in ’n koma verval en gesterf.Haar debuut, Stories van Rivierplaas (1955) en sy opvolg, Nuwe stories van Rivierplaas (1956) verskyn aan die vooraand van die sestigerjare. Stories van Rivierplaas het as reeks in Sarie verskyn en is nie in die eerste instansie vir kinders bedoel nie. Stories van Ruyswyck (1963) is ‘n opvolg van die Rivierplaas-stories. Alie het intussen grootgeword en is bykans dertien jaar oud as die storie begin. In Stories van Bergplaas (1963) staan die tienjarige tweeling, Bramie en Grietjie, in die sentrum op die Bolandse plaas, Sadewee.
Die eerste M.E.R.-prys vir kinder- en jeugliteratuur word in 1984 vir Vlieg, swaeltjie, vlieg ver toegeken. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns stel in 1987 die Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur in wat driejaarliks toegeken word.
Sy het die Scheepersprys vir jeugliteratuur twee keer met dié boeke gewen en het die C.P. Hoogenhoutprys vir die beste kinderboek drie keer ontvang in 1961, 1971 and 1983.
Book details
- Rivierplaas: ‘n Alba Bouwer-omnibus by Alba Bouwer
Book homepage
EAN: 9780624045311
Find this book with BOOK Finder!
- Rivierplaas: ‘n Alba Bouwer-omnibus by Alba Bouwer









