-
Help Jou Kind om Gereed te Wees Vir Skool
Gaan jou kind een van die dae skool toe? Of is jou kind hierdie jaar in Graad R of 1? Hierdie prettige aktiwiteitboeke kan kinders vanaf 4 jaar help om speel-speel die basiese vaardighede te begin baasraak wat hulle in hulle eerste skooljaar sal nodig hê en gebruik.
Skoolgereed: Aktiwiteite Deel 1
Met meer as 200 aktiwiteite en oefeninge leer kinders reeds skryf-, lees-, handkoördinasie- en telvaardighede aan en leer oor vorms, kleure, syfers, letters, die name van diere en vele meer! Dit is die ideale boek om kleiner kinders skoolgereed te kry, of as prettige aktiwiteite vir eerste skoolgangers om die leerproses aan te help.
Skoolgereed: Aktiwiteite Deel 2
Hierdie prettige en opvoedkundige aktiwiteitsboek het NOG 200 aktiwiteite en oefeninge om kinders vanaf 5 jaar speel-speel die basiese vaardighede wat hulle in hulle eerste skooljaar sal nodig hê te leer en te help oefen. Ook hierdie titel bevat aktiwiteite wat kinders reeds skryf-, lees-, handkoördinasie- en telvaardighede aanleer en leer oor vorms, kleure, syfers, letters, die name van diere en vele meer!
Book details
- Skoolgereed: Aktiwiteite Deel 1 by Human & Rousseau
Book homepage
EAN: 9780798151085
Find this book with BOOK Finder!
- Skoolgereed: Aktiwiteite Deel 2 by Human & Rousseau
Book homepage
EAN: 9780798151092
Find this book with BOOK Finder!
- Skoolgereed: Aktiwiteite Deel 1 by Human & Rousseau











