-
Drie Nuwe LAPA Kinderboeke
Ek en Bella by Jenny ValentineNina het ’n kleinsussie. Haar naam is Tia. Maar op ’n dag besluit Tia dat sy moeg is vir haar naam – van nou af moet almal haar Bella noem. Met Bella in die omtrek is daar nie ’n vervelige oomblik in sig nie – selfs doodgewone dinge soos ’n ou tas en ’n nuwe kinderoppasser word ’n wilde, lawwe avontuur. Beleef saam met Nina die pret en opwinding van ’n nuuskierige, aweregse en skreeusnaakse kleinsussie!
Karla Krullebol by Theresa van BaalenKarla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks – ’n vreemde, klein pienk mannetjie besluit Karla se vuil, deurmekaar hare is die perfekte plek om ’n heerlike partytjie te hou … ’n Lekker lawwe, uitbundige rymverhaal wat kleuters se tone sal laat omkrul van lekkerkry!
Liefde is … deur Nerine Ahlers, Alet SteenkampMoet ’n meisie op 17 ’n ou hê? Dit is die vraag waaroor Karli moet kopkrap vir die komende debatkompetisie. Maar in werklikheid is die debat op die oomblik die minste van haar bekommernisse. Daar is soveel ander vrae waarmee sy worstel … Wat op aarde gaan tussen haar ma en pa aan? Hoekom is haar pa weg, sommerso sonder om te verduidelik wat aangaan? Waarom is sy en haar ma deesdae soos twee vreemdelinge vir mekaar? En dan is die Valentynsbal ook nog om die draai. Moet sy maar saam met Juan gaan, al irriteer hy haar meeste van die tyd? Of moet sy ’n kans waag met Stefan, die aantreklike donkerkop met die bruin oë, wat probeer om haar seerkry met pers blommetjies minder te maak?
Book details
- Ek en Bella by Jenny Valentine
EAN: 9780799346787
Find this book with BOOK Finder!
- Karla Krullebol by Theresa van Baalen
EAN: 9780799346770
Find this book with BOOK Finder!
- Liefde is … by Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
EAN: 9780799346961
Find this book with BOOK Finder!
- Ek en Bella by Jenny Valentine









