-
Vergeet My Nie and In ‘n Huis In ‘n Huis Reviews

Vergeet-My-Nie by Michael Broad
“Daar is soveel verskillende diere, Mamma,”
fluister Vergeet-My-Nie. “Hoe sal ek ooit maats maak?”Vergeet-My-Nie, die olifantjie, wil vreeslik graag maats maak, maar niemand stel in hom belang nie. Sy mamma sê ’n vriendskap neem tyd om te blom, net soos wat bloeisels tyd neem om aan die bome te begin bot.
Wanneer Vergeet-My-Nie vir Kersie, die kameelperdjie, ontmoet, besluit hy om te wag en te sien wat gebeur . . .Vergeet-My-Nie het reeds in die eerste titel in die reeks lesers se harte gesteel. Sy volgende avontuur beloof om net so opwindend te wees, terwyl die unieke illustrasies lesers van alle ouderdomme weereens sal betower.
Michael Broad is 34 jaar oud en woon in Londen. Hy het illustrasie aan die Universiteit van Portsmouth studeer en sy graad met lof behaal. Hy werk voltyds as skrywer en illustreerder van kinderboeke. Van sy werke sluit in Broken Bird, Falling Star en natuurlikBangkat en Boe!
In ‘n huis, in ‘n huis by Wendy Hartmann
In’ n huis, in ‘n huisEen nag toe die wind aan die rame kom ruk,
het ’n hand uit die donker ’n stuk kaas kom
pluk. En net toe dit blits, klink ’n
KLOP
AAN
DIE
DEUR!
Muis spring uit sy bed en toe hoor hy dit weer!Wie is daar en wat is die snaakse geluide wat ons hoor in die huis, in die huis?
’n Prettige rymstorie, vertaal en berym deur Philip de Vos.
Wendy Hartmann woon in Table View, Kaapstad.
Boeke wat sy geïllustreer het, is onder meer die volgende:Die kort pad/The Short Cut,
Key in the Casket/Sleutel in die kissie,
Stemme in die nag/Voices in the Dark,
The Black Dog/Die swart hond,
Een winderige aand,
Heel belangrikste werk/Most Important job,
Donsie en Lieflap maak pret/Tuft and Patch Play Games,
Donsie kry ’n troeteldier/Tuft Finds A Pet,
Tuft and Patch Make Paterns,
Waar is Lieflap/Where is Patch?Een nag toe die wind aan die rame kom ruk,
het ’n hand uit die donker ’n stuk kaas kom
pluk. En net toe dit blits, klink ’n KLOP AAN DIE DEUR!Book details
- Vergeet My Nie: Vriende is soos bloeisels by Michael Broad
Book homepage
EAN: 9780798151788
Find this book with BOOK Finder!
- In ‘n huis, in ‘n huis by Wendy Hartmann, illustrated by Joan Rankin
Book homepage
EAN: 9780798150545
Find this book with BOOK Finder!
- Vergeet My Nie: Vriende is soos bloeisels by Michael Broad









