-
Leesplesier vir van Kleuters tot Tieners deur Karen Ebersohn

PRINSES MOSSIENES en DRIE HOERA’S VIR DENVER! deur Wendy Maartens en illustrasies deur Alida Botma.
Albei hierdie boeke behandel onaangename situasies waaraan kinders blootgestel word: In Prinses Mossienes is dit egskeiding en in Drie Hoera’s vir Denver molestering.
Saam met Dina en Denver ervaar ons die pyn en verwarring wat kinders in sulke situasies ondervind. Die verhaal werk deur die hele proses van hartseer, skaamte, erkenning en genesing.PHAPO SE GESKENK deur Marita van Aswegen. Illustrasies deur Fanie Viljoen.
Phapo is ’n mooi, slim meisie op die rand van puberteit. Sy woon saam met haar ouma en pa in ’n landelike gebied. Haar ma is dood toe sy gebore is en haar pa is sterwend aan vigs. Sy wil nog speel, maar haar maats stel net in verhoudings belang. Maar haar ouma leer haar ’n belangrike lewensles uit die ou Sotho-kultuur hieroor. ’n Mooi vriendskapsband ontwikkel ook tussen haar en Lucy.BEWAAR ONS PLANEET deur Martyn Bramwell en andere.
“Mense is merkwaardige diere. Ons kan met mekaar praat en ons kan die wereld om ons verander. Nietemin is daar dinge waarmee ons nie so goed is nie. Een daarvan is dat ons te groot lewe.”
Só lui die inleiding van Bewaar ons planeet waarin die mens se geweldige aanslag op die aarde en sy hulpbronne bespreek word. Daarna volg vier afdelings, Aarde, Water, Diere en Voedsel, waaronder verskeie bewaringskwessies bespreek word. Baie oulik is ook die aksieplan met wenke wat by byna elke tema verskyn. Pragtige volkleurfoto’s verbreed ook die inligting en prikkel die jong lesers se verbeelding.VANG DIE MONSTER deur Norbert Landa. Illustrasies deur Tim Warnes.
Die uitdrukking lui om van ’n molshoop ’n berg te maak, maar in die oulike storie maak Eend se vriende van ’n muis ’n monster. Eend roep om hulp wanneer sy ’n vreemde geluid onder haar bed hoor en elkeen wat kom help, las ’n stertjie by die storie wat die diere al hoe banger maak. Die aanlas-storie met sy verrassende einde en oulike illustrasies is pure pret vir kleuters.MOTORS, TROKKE EN ALLES WAT RY en MY EERSTE BOEK VAN ALLES! deur Richard Scarry.
Richard Scarry het die kuns vervolmaak om leer groot pret te maak. Sy boeke is ’n bombardement van kleur, karakters en woorde, maar dit kan ’n kind ure lank besig hou. Motors, trokke en alles wat ry gaan die Oink-gesin op reis en sien van brandweerwaens tot padmaakmasjiene en motors met vreemde vorms soos die muis-gesin se kaaswiggiemotor. Tussendeur kan jy na Goudgogga soek en kyk of Sersant Flossie die wilde Dingo gevang kry om vir hom ’n parkeerkaartjie te gee.DIE KNAL-LEKKERSTE WETENSKAPBOEK IN DIE HEELAL: DEUR DIE SLIMKOPPIES deur Claire Watts en HOE BYNA ALLES UITGEVIND IS: DEUR DIE BRAINWAVES deur Jilly Macleod.
Die Slimkoppies-strokieskarakters (Brainwaves in Engels) is die handelsmerk van die illustreerders Lisa Swerling en Ralph Lazar en Claire Watts verskaf die woorde vir die reeks boeke. Die Slimkoppies het al in die menslike liggaam rondgereis, die planeet deurkruis en nou wys hulle hoe die wetenskap lyk en hoe dinge uitgevind is. Die knal-lekkerste wetenskapboek se agterblad sê “dit is ’n ontploffing van wetenskaplike lawwigheid.” Laf of nie, hierdie boeke is gepak met inligting oor die wetenskap.GEHEIME OP KEURBOSLAAN deur Theunis Krog.
Berrie Serfontein is in die moeilikheid. In ’n fluistergesprek wat hy toevallig hoor, dreig ’n vreemde besoeker met ’n Amerikaanse aksent om geheime uit sy pa se verlede bekend te maak. Berrie besluit om sy pa te beskerm – hoe weet hy nie.
Die klassieke Keurboslaan-reeks is steeds gewild en die moeite werd.MEISIES SE DINGE: OPBLAASBRA’S deur Cathy Hopkins.
Lucy is veertien jaar oud, maar sy lyk twaalf jaar oud. Haar beste vriendinne, Izzie en Nesta, kan deurgaan vir sestien jaar. Dit voel vir Lucy asof alles om haar verander. Almal behalwe sy weet al wie hulle is en wat hulle eendag wil word. Dit laat haar in ’n stadium uitroep: “Dit voel net of niks rêrig pas nie… Ek pas ook nêrens in nie!”
Hierdie boek is ’n roman oor tienerwees, maar bied op ’n vars manier raad oor grootword vir meisies. Ná sommige hoofstukke is daar bv. engelkaarte met inspirerende gedagtes. Die oorsprong van die engelkaarte is deel van die verhaal, so ook die lysies met wenke soos hoe om die ander geslag se aandag te trek wat elkeen van die drie hoofkarakters opstel.GLORIOUS GALUMPIOUS STORY COLLECTION deur Roald Dahl.
“I am totally convinced that most grown-ups have completely forgotten what it is like to be a child be-tween the ages of five and ten… I can remember exactly what it was like. I am certain I can,” word Roald Dahl agterin een van die boeke in die versameling aangehaal. As jy of jou kinders nog nie kennis gemaak het met Roald Dahl nie, moenie die versameling van vyf van sy kinderboeke misloop nie. Dahl verstaan ’n kind se kop en sy aweregse humor sal Ma en Pa ook laat grinnik.SWEEF EN ANDER VERHALE.
Sweef en ander verhale is ’n splinternuwe kortverhaalbundel uit die pen van 25 uiteenlopende skrywers. Van hulle is bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (Errol van 7de Laan). Davids se verhaal oor ’n jong seun se worsteling met sy pa wat hom weggegooi het, het baie beïndruk.
Al die verhale in Sweef het een ding gemeen – dit is gemik op tieners en hul belewenis van die wêreld, hul emosies, hul vrese en natuurlik hul ervaring van die liefde en die lyflike.
Die stories handel oor hedendaagse kwessies waarmee tieners te doen het, hoe hul daarop reageer en die gevolge van hul optrede. Soos egskeiding van ouers, teleurstelling van vriende wat ’n mens in die steek laat, hoërskool wat vir sommiges nie lekker is nie, Mxit en tegnologiese vooruitgang en vrees vir die onbekende.Book details
- Prinses Mossienes by Wendy Maartens, illustrated by Alida Botma
Book homepage
EAN: 9800799345308
Find this book with BOOK Finder!
- Vang Die Monster by Norbet Landa, Tim Warnes
Book homepage
EAN: 9780799345261
Find this book with BOOK Finder!
- Phapo se Geskenk by Marita van Aswegen, illustrated by Fanie Viljoen
EAN: 9780620457255
Find this book with BOOK Finder!
- Motors, Trokke En Alles Wat Ry by Richard Scarry
Book homepage
EAN: 9781869193348
Find this book with BOOK Finder!
- My Eerste Boek Van Alles by Richard Scarry
Book homepage
EAN: 9781869193355
Find this book with BOOK Finder!
- Die knal-lekkerste wetenskapboek in die heelal: deur Die Slimkoppies by Claire Watts, Liza Swerling, Ralph Lazar
Book homepage
EAN: 9780798151238
Find this book with BOOK Finder!
- Hoe Byna Alles Uitgevind Is by Die Brainwaves
EAN: 9780981407500
Find this book with BOOK Finder!
- Geheime Op Keurboslaan: Boek 8 by Theunis Krogh
EAN: 9780798150217
Find this book with BOOK Finder!
- Meisies Se Dinge by Cathy Hopkins
EAN: 9781920335007
Find this book with BOOK Finder!
- Roald Dahl’s Glorious Galumptious Story Collection by Roald Dahl
EAN: 9780141329291
Find this book with BOOK Finder!
- Sweef En Ander Verhale by Adinda Vermaak, illustrated by Marieta Nel
Age range 13-16
EAN: 9780799345520
Find this book with BOOK Finder!
- Bewaar Ons Planeet by Martyn Bramwell, illustrated by James Crackell
Book homepage
EAN: 9780799345452
Find this book with BOOK Finder!
- Prinses Mossienes by Wendy Maartens, illustrated by Alida Botma


















