-
Adéle Dempers Gesels met Kinderboek Meester Jaco Jacobs

Jaco Jacobs skryf al van kleintyd af stories maar, sukses het eers gekom toe hy sy eerste riller geskryf het. Jacobs het aan Adéle Dempers verduidelik hoe François Bloemhof, destyds Sarie se verhaleredakteur, gesê het hy moet ’n grilstorie skryf en aan ’n uitgewer voorlê. Baie water is al intussen onder die brug deur en Jacobs spog vandag met verskeie hoogs sukesvolle kinderboeke. En Jaco Jacobs se talent en werksvermoë ís verstommend. Sy kleuter-, kinder- en jeugboeke wen gereeld pryse en is gewild onder jong lesers.
Hy het as laerskoolseun op Carnarvon begin skryf en in matriek byna weekliks kortverhale vir tydskrifte soos Sarie en Rooi Rose ingestuur. Hoewel die verhale telkens afgekeur is, het hy aanhou probeer.
”Ek dink dit was uit desperaatheid dat François Bloemhof, destyds Sarie se verhaleredakteur, gesê het ek moet ’n grilstorie skryf en aan ’n uitgewer voorlê,” sê Jacobs.
Dit is hoe Troetelgedrog ontstaan het. Jacobs het die storie aan me. Miemie du Plessis van Lapa-uitgewers gestuur.
“Wie is jy?” het Du Plessis gevra toe sy sommer gou terugbel. Drie maande later was Jacobs se eerste grilboek op die winkelrakke.
Jacobs sê hy hou baie van grilboeke en -flieks. Stephen King is beslis een van sy gunsteling-skrywers. Hy sê die gril-genre is so gewild onder kinders omdat kinders daarvan hou om banggemaak te word. Grilstories is bangmaak binne die veilige grense van ’n boek wat ’n gelukkige einde het en kinders besef dit.
“Ouers trek aanvanklik hul neus vir hierdie soort boeke op, maar dit is die ideale stories om trae lesers aan die lees te kry. Veral seuns hou baie daarvan,” sê Jacobs.
Terloops, Jacobs raai ouers aan om nooit dit wat hul kinders lees te kritiseer nie. Dat kinders lees, is van groter belang as wat hulle lees. Mettertyd ontwikkel hul leessmaak wel en as dit nie gebeur nie, maak dit nie saak nie.
Jacobs skryf nie net grilboeke nie. Prenteboeke en tienerboeke soos die gewilde Suurlemoen! staan ook onder sy naam. Hy het sy hand ook aan kinderrympies gewaag en het selfs die illustrasies vir Wurms met tamatiesous saam met Andrelise Meiring, ’n grafiese kunstenaar, gedoen.
Boekbesonderhede
- Liewe Land, ‘N Olifant by Jaco Jacobs, illustrated by Maja Sereda
EAN: 9780799341935
Find this book with BOOK Finder!
- Bertie Blikbrein by Jaco Jacobs
EAN: 9780799340044
Find this book with BOOK Finder!
- Liewe Land, ‘N Olifant by Jaco Jacobs, illustrated by Maja Sereda









